Eergisteraand het Joshuan du Toit kykers penorent laat sit tydens sy deelname aan Wie word 'n miljoenêr, toe hy die deelnemer geword het wat tot dusver in hierdie seisoen, die meeste prysgeld losgeslaan het. Joshuan is ook die tweede jongste deelnemer aan die program. Dié mediese student van Tukkies het R125 000 gewen vir die een regte antwoord na die ander.