Die uitbreking van bek-en-klouseer is die ergste in die geskiedenis van Suid-Afrika, wat na raming miljarde rand uitwis. Twee provinsies wat tot dusver die uitbreking grootliks vrygespring het, die Noord- en Wes-Kaap, het nou ook gevalle aangemeld. Die Wes-Kaapse regring het R100 miljoen opsygesit om die siekte in die provinsie te beveg. Ons praat hieroor met die Wes-Kaapse Minister van Landbou, dr. Ivan Meyer.