Wat is die stand van ons drinkwater?

Published Aug 16, 2023, 5:40 AM
Die mininster van water en sanitasie, Senzo Mchunu, het vroeg in Junie 'n tussentydse verslag oor die land se waterinfrastruktuur uitgereik, en gesê die volledige oudit van die waterstelsel, die sogenaamde Bloudruppelverslag, sou in Julie gereed wees. Hierdie week het sy department gesê die verslag sal nou eers einde September uitgereik word. Netwerk24 en News24 het egter sedert Junie die water van Suid-Afrika se grootste stede laat toets. Om met ons hieroor te praat, sluit Mia Spies, multimedia en ondersoekende joernalis van Netwerk24 by ons aan.

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 4,469 clip(s)