Op en WakkerOp en Wakker

Wat doen regering en polisie oor bendegeweld op Kaapse Vlakte?

View descriptionShare
Volgens die polisie se jongste misdaadstatistiek is daar in die eerste drie maande van die jaar 39 kindermoorde in die Wes-Kaap aangemeld. Verlede week is die land geruk deur die moord op die 14-jarige Naeema Marshall in Forest Village in Eersterivier. Die vermeende moordenaar is ‘n 14-jarige seun. Vroeër vandeesmaand het vyf vroue tussen die ouderdom van 32 en 75 jaar in hulle huis gesit, toe ‘n man instap en almal skiet. Twee vroue het beswyk. Bendegeweld op die Kaapse Vlakte teister dekades lank al die woongebiede, en die regering en polisie kry dit nie onder beheer nie. Om met ons hieroor te praat, sluit ‘n spesialisverslaggewer by Netwerk24, Maygene de Wee, en die voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris, adv. Lennit Max, by ons aan.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Op en Wakker

    4,150 clip(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 4,153 clip(s)