Dit is Wêreldvoedseldag, maar die land se kosstorie het ’n bitter teenstrydigheid: Ons produseer genoeg kos om almal te voed, en tog gaan miljoene mense honger slaap terwyl daar jaarliks 10,3 miljoen ton eetbare kos in Suid-Afrika weggegooi word. Dit kos die ekonomie miljarde rande terwyl byna drie miljoen kinders gereeld honger gaan slaap. Ons praat met prof. Jaco Volschenk, medeprofessor in strategie en volhoubaarheid aan die Universiteit Stellenbosch se sakeskool.