Daar is min dinge wat ’n groter impak op mense se lewe het as ’n toegewyde onderwyser. Hulle invloed is só bepalend omdat hulle nie net kennis oordra nie, maar ook karakter vorm, selfvertroue bou en jong mense inspireer om hulle volle potensiaal te bereik. En dis ’n wetenskaplike feit… Met Onderwysersdag wat Sondag wêreldwyd gevier word, het Fedsas ’n veldtog begin waarin bekendes hulle stories deel oor onderwysers wat hulle lewe verander het. Hier is hoe die televisie-ikoon Riaan Cruywagen sy geliefde onderwyser onthou.