Met al die opwinding oor die Bokke en die All Blacks wat môre weer kragte meet, is daar rugbygeskiedenis wat sonder ’n groot bohaai in die agtergrond afspeel. Voor die manne die veld betree, pak die Springbok-vroue en die Black Ferns mekaar vir die eerste keer ooit op Suid-Afrikaanse bodem. Die Black Ferns is die Nieu-Seelandse nasionale vrouerugbyspan, en hulle het die Springbok-vroue nog net twee keer vantevore ontmoet. Ons praat met Franzel September, die hulpafrigter van die Springbokvroue.