Wat gebeur wanneer advokate en prokureurs die hof vir die rugbyveld verruil? Wel, ons sal moet kyk en sien wie die meeste drieë druk, want die Vrystaatse regslui is kliphard aan die oefen vir ’n groot kragmeting einde Oktober. Vanjaar se Baliespan spog met advokaat Niel Snellenburg as kaptein, terwyl Kobus Verwey dien as bestuurder en keurder van die prokureurspan.