Dis byna tyd vir vakansie, en vakansie-tyddeelskemas het baie mense warm onder die kraag. In Suid-Afrika is dit ’n gewilde, en soms gehate skema. Die tyddeelbedryf in Suid-Afrika is meer as R1,6 miljard werd, maar talle mense kla dat hulle nie uit hulle ooreenkomste kan tree nie. Ons praat hieroor met ‘n verbruikersprokureur, Trudie Broekmann.