Romantiese swendelarye is een van die mees gesofistikeerde bedrogspulle wat Suid-Afrikaners vandag teiken. Dit begin nie met 'n versoek vir geld nie. Dit begin met weke, soms maande, se verhoudings bou. Swendelaars gebruik Facebook, WhatsApp en aanlyn-afpraakplatforms om doelbewus ouer volwassenes te teiken, wat moontlik eensaam is of 'n verbintenis soek. Vertroue word stadig en doelbewus gebou deur daaglikse boodskappe, stemnotas en oproepe tot die slagoffer glo hulle het 'n egte verhouding gebou. Slagoffers vertel byna nooit vir enigiemand nie want die swendelaars manipuleer geheimhouding, en slagoffers vind dit uiters moeilik om toe te gee dat hulle aanlyn na 'n verbintenis gesoek het. Gesinne kom gewoonlik eers agter wanneer die geld weg is. Ons praat hieroor met Jean Rossouw, hoof van finansiële geletterheid by Capitec, en met Nick Harris, hoof van voorkomimng van finansiële misdaad by Capitec.