Digitale transformasie het talle deure oopgesluit vir voortuigang en welvaart. Ongelukkig het dit ook die geleentheid gebied aan swendelaars, om jou swaarverdiende geld te steel. Daagliks word Suid-Afrikaners gekontak deur misdadigers wat oproep ID nabootsing, of spoofing soos dit in Engels bekend staan, gebruik om dit te laat lyk asof hulle oproep van jou bank of selfs van die Suid-Afrikaanse Polisiediens kom. Mense val ook vir vals SMS'e met skakels om sogenaamde ‘uistaande koerierfooie’ te betaal, of hul FICA-besonderhede te ‘verifieer’ om rekeningsluiting te voorkom. Ons kry raad by Jean Rossouw, hoof van finansiële geletterheid by Capitec, en Nick Harris, hoof van voorkomimng van finansiële misdaad by die bank.