Die hele jaar al vier ons Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal. Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het onlangs 'n voorlopige verslag bekendgemaak oor navorsing oor die stand van Afrikaans vandag. Die navorsing het na verskeie sektore waarbinne Afrikaans gebruik word, gekyk, onder meer die onderwys, gesinne, geloofsgemeenskappe, die media en sakesektor. Om met ons hieroor te praat, sluit die bestuurshoof van die ATR, dr. Conrad Steenkamp, by ons aan.