Daar is na raming duisende spookwerkers in die staatsdiens, wat die belastingbetaler jaarliks byna R4 miljard kos. Pogings in die verelde om die spookwerkers uit te snuffel het gemengde sukses gehad. Nou het die departement van Binnelandse Sake sagteware ontwikkel om staatsdienswerkers te verifieer. Ons praat hieroor met die Minister van Binnelandse Sake, dr. Leon Schreiber.