Smile Stigting - een van Madiba se groot monumente

Published Jul 18, 2024, 5:40 AM
Dis vanjaar 24 jaar gelede toe oudpresident Nelson Mandela 'n brief van Thabile Manyathi ontvang het. Thabile het 'n hele paar maande lank, elke maand, vir Madiba 'n brief gepos om te vra vir hulp vir haar dogter, Thando, wat rekonstruktiewe chirurgie aan haar gesig moes kry weens die seldsame Moebius-sindroom. Mandela het die sakeman en filantroop, Marc Lubner, gekontak, en saam het hulle besluit om die nodige chirurge na Suid-Afrika te laat kom om chirurge hier op te lei om die operasie plaaslik te doen. Dis hoe professor George Psaras, destydse hoof van plastiese en rekonstruktiewe chirurgie by Wits, betrokke geraak het. Die Smile Fund is gebore, en staan vandag as die Smile Stigting bekend. Marc Lubner en professor George Psaras sluit by ons aan.

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 4,427 clip(s)