Jong rugbyspelers is nie kommoditeite waarin handel gedryf moet word nie. Dís die mening van die agent wat sportsterre verteenwoordig, Shafiek Mouton. Dit is deesdae algemene praktyk dat skole belowende spelers, in alle sportkodes, "koop" met beurse en kontrakte. Die toenemende professionalisering van skolesport is al lank 'n debat in Suid-Afrika.