In ons reeks oor die Suid-Afrikaanse Vloot praat ons oor die vaartuie in die Vloot wat nog nie onder die loep gekom het nie. Suid-Afrika het 'n reuse kuslyn van om en by 2 800 kilometer, en 'n ekslusiewe ekonomiese sone in die oseaan van ongeveer 1,5 miljoen vierkante kilometer, wat deur die Vloot bedien en beskerm moet word. Die vloot is vanjaar 102 jaar oud. Professor André Wessels is 'n historikus en navorsingsgenoot in geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat, en hy het al twee boeke oor die Suid-Afrikaanse Vloot geskryf.