Daar is min dinge so lekker en so eg Suid-Afrikaans soos 'n koesister. Suid-Afrika het nou 'n koesister-koning, wat onlangs by die Waterfront in Kaapstad gekroon is. Huwitt Strydom is 'n jong sjef van Kaapstad, en hy het met die louere weggestap as die persoon wat die lekkerste koesisters in die land maak.