Môreoggend begin die amptelike proses vir 'n nuwe regering vir Suid-Afrika. Daar was intensiewe gesprekke tussen politieke partye van regoor die spektrum, voor, maar veral ook ná die verkiesing twee weke gelede. Dr. Corné Mulder is een van die mees gesoute politieke onderhandelaars van voor en ná 1994. Hy is die leier van die VF+ in die Wes-Kaap, en die party se hoofsweep in die parlement.