Twintig jaar nadat dr. Ebbe Dommisse se biografie oor dr. Anton Rupert die eerste keer verskyn het, is dit hersien en weer uitgegee. Ontleders en selfs politici van oor die spektrum erken Rupert as een van die grootste sakemense in Suid-Afrika se geskiedenis. Ons praat met Ebbe oor die biografie, ANTON RUPERT: DIE LEWE VAN 'N SAKELEGENDE.