Daar is skape, en dan is daar Rico die skaap. Hy het sewe jaar lank alleen in die Moordenaarskaroo oorleef sonder enigiemand se hulp. Toe hy oplaas gevind word, lewer hy ’n rekordvag van 30,7 kilogram. ’n Skaap met ’n storie, dus. Rico se verhaal is een van oorlewing, deursettingsvermoë en ’n tweede kans. En nou kry dit ’n nuwe hoofstuk deur ’n beursfonds by die Universiteit van die Vrystaat. Ons praat met Dan Kriek, hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging.