As jy gereeld by Op en Wakker inskakel, sal jy weet dat Stablecoins al hoe meer die finansiële markte roer. ’n Stablecoin is ’n digitale geldeenheid wat aan die waarde van ’n meer tradisionele kommoditeit of geldeenheid se prys gekoppel word. Sanlam, Luno en EasyEquities het nou ’n Rand-Stablecoin bekendgestel. Dit maak onmiddellike wêreldwye betalings teen laer koste moontlik. Ons praat hieroor met Marius Reitz, Luno se bestuurder vir Afrika en Europa.