Die politieke filosoof, professor Johan Degenaar het vir jare lank duisende studente, politici en die breë samelewing se denke gestimuleer. Hy word wyd gereken as een van die voorste denkers - nie net van sy tyd nie, maar tot vandag toe. Hy sou op 7 Maart vanjaar 'n 100 jaar oud geword het. Professor Daniël Malan, deesdae verbonde aan die Trinity Corporate Governance Lab by die Trinity College in Dublin, Ierland, was in 1989 'n honneursstudent in filosofie op Stellenbosch. Hy het in Desember daardie jaar 'n onderhoud met Degenaar gevoer vir sy studies. Dit was enkele maande ná die bedanking van PW Botha, en effens meer as 'n maand voor FW de Klerk se 2 Februarie-toespraak. Daniël het Degenaar onder meer gevra oor die stigting van die Departement Politieke Filosofie op Stellenbosch. Die departement is gestig om Degenaar se invloed op teologiestudente te verhoed.

In die kollig 2 – 2 April 2026
01:04

StroomAf 2 April 2026
03:44

Artemis 2-sending suksesvol op pad maan toe
08:15