Tussen Januarie en April vanjaar was daar gemiddeld elke twee weke 'n politieke sluipmoord in Suid-Afrika. Van 2015 tot April vanjaar is daar 280 politieke sluipmoorde aangemeld, 158 daarvan in KwaZulu-Natal. Hierdie bevindinge is in 'n omvattende verslag van die Global Initiative Against Transnational Organised Crime (GI-TOC) bekend gemaak. Ons praat met een van die navorsers van die verslag, Rumbi Matamba.