Op en WakkerOp en Wakker

Padskraper staan; boere herstel self Vrystaatse paaie

View descriptionShare
 
Iewers langs die pad in die Vrystaat staan ’n betreklik nuwe padskraper. Nie vir ’n dag of ’n week nie, maar al langer as nege maande. Intussen moet boere self paaie gelykmaak om hulle produkte by markte te kry. Agter dié enkele verlate masjien lê egter ’n groter vraag oor die bestuur van openbare infrastruktuur en die staat se vermoë om sy verantwoordelikhede na te kom. Ons praat met Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 7,775 clip(s)