Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) se onlangse besluit oor geslagskeuring vir deelnemers aan vrouesport maak steeds wêreldwyd opslae. Die IOK het besluit deelnemers aan vrouesport moet voortaan 'n bloedtoets doen om te bepaal of die SRY-geen in die atleet teenwoordig is. Dit het skerp reaksie ontlok van onder meer Suid-Afrika se Olimpiese gouemedalje-wenner in die 800 meter, Caster Semenya. Semenya het al verskeie arbitrasie en hofsake gevoer, met gemengde sukses. Ons praat hieroor met die wetenskaplike, dr. Ross Tucker. Ross is een van die wêreld se voorste sportfisioloë, en was ten nouste betrokke by Semenya se sake.