NASA se Artemis 2-sending sou verlede week, vir die eerste keer in 50 jaar, mense maan toe gestuur het. Dit is egter weens tegniese redes uitgestel. Daar word nou beplan om die span ruimtevaarders moontlik die eerste week in Maart maan toe te lanseer. Die sending sal, indien dit suksesvol deurgevoer word, mense die verste nóg die ruimte instuur. Dit sal na verwagting tien dae duur. Ons praat hieroor met dr. Ruhann Steyn, ruimtefisikus verbonde aan die Noordwes-Universiteit.