Van 1986 tot 1994 het 'n reeksmoordenaar, bekend as die Stasiemoordenaar, 'n skrikbewind in die Kaapstad-omgewing gevoer. Alttesaam 22 seuns en mans is ontvoer en vermoor. Een van daardie seuns, die 12-jarige Baden Keet, se liggaam is nooit gekry nie. Norman Simons, 'n laerskoolonderwyser van Mitchells Plain, is destyds in verband met die moorde in hegtenis geneem, maar slegs skuldig bevind aan een van die moorde - die moord op die 10-jarige Elroy van Rooyen. Die veteraanjoernalis en skrywer, Julian Jansen, se jongste boek, OP DIE SPOOR VAN DIE STASIEMOORDENAAR, het pas verskyn.