Ná maande van spanning, regstappe en onderhandelings is daar ’n nuwe aanlynstelsel om bek-en-klouseer vas te vat. Dit stel boere in staat om self toestemming te kry om hulle diere teen die siekte in te ent. Sal dié stelsel ’n noemenswaardige verskil maak, of skuif dit net meer verantwoordelikheid en koste na boere? Ons praat met die minister van landbou, Willie Aucamp.