Sedert die inhuldiging van Donald Trump as die Amerikaanse president in Januarie, het daar byna nie 'n dag verby gegaan waar daar nie aardskuddende nuus was, wat verband hou met Amerika nie. En meer dikwels as wat Suid-Afrika sou wou, was die land deel van dié nuus. Gisteraand het die Trump-administrasie Brent Bozell aangewys as sy ambassadeur in Suid-Afrika. In Amerika is die teenwoordigheid van 'n joernalis in 'n hoëvlak veiligheidkletsgroep, waar Amerikaanse aanvalsplanne op Jemen bespreek is, druk bespreek. Om hieroor en ander internasionale nuusgebeure te praat, sluit professor Jo-Ansie van Wyk, politieke wetenskaplike van Unisa, by ons aan.