Nederlanders het gister in ‘n algemene verkiesing gestem vir lede van die Tweede Kamer van die parlement. Dié verkiesing moes eintlik eers oor twee jaar plaasvind, maar eerste minister Mark Rutte se regering het in Julie vanjaar geval, wat die vroeë verkiesing genoodsaak het. Rutte van die liberale party, VVD, staan al sedert 2010 aan die stuur van die Nederlandse regering, en dis sy vierde kabinet wat gedisintegreer het. Dié kabinette is in Nederland altyd koalisies, wat nogal taamlik ingewikkeld kan raak. Rutte hom na al die jare aan die politiek onttrek, wat beteken die land sal ‘n nuwe premier hê wanneer die partye eendag hulle koalisieooreenkoms bereik. Ons praat hieroor met Jaco Kleyhans, Solidariteit se hoof van internasionale skakeling, wat die Nederlandse verkiesing fyn dopgehou het.