Die afgelope sowat 18 maande het die sogenaamde Afrikaner-debat gereeld opgeduik. Die jongste opvlamming in dié debat kom nadat 'n groep van meer as 40 akademici, skrywers, sakelui, joernaliste en kerklui 'n opebrief geskryf het waarin hulle die narratief verwerp waarin Afrikaners as slagoffers uitgebeeld word. In die brief skryf die groep van 40, dat "randgroepe" soos Solidariteit en AfriForum, etniese identiteit kaap en die "Groot vervangingsteorie" in Amerika steun. Die brief het, en lok steeds, groot reaksie uit, met selfs die ANC en sekere EFF-takke, wat die brief verwelkom het. Ons praat hieroor met een van die ondertekenaars van die brief, ds. Rudi Swanepoel, leeraar van die NG-gemeente, Aan-die-berg in Johannesburg, en met die voorsitter van Solidariteit, Flip Buys.