In 2014 noem Beeld ons kollega, Mariëtta Kruger, "haar majesteit, die koningin van uitsaai." Mariëtta het 44 jaar gelede by die destydse Radio Suid-Afrika in Seepunt begin uitsaai. Dis Vrouemaand, en ons gesels met uitstaande vroue, soos Mariëtta. Sy het land en sand met Pieter Steyn gesels oor haar loopbaan, stories wat vir haar uitstaan, en waarom sy eintlik mev. Noag moet heet.