Seuns wat sonder pa's, of afwesige pa's grootword, lê die skrywer en Rapport-joernalis, Julian Jansen, na aan die hart. Hy het onlangs 60 geword, en al is dit aftree-ouderdom, sê Julian daar is nog te veel woorde in sy vingerpunte wat moet uit. Hy was jare lank ’n onderwyser, en sy boek, SEUNS SONDER PA'S, was 'n wegholsukses. Hy is ook die skrywer van MOORD OP STELLENBOSCH en DIE DE ZALZE-MOORDE. Hy het land en sand in sy huis in die Strand, met Pieter Steyn gesels.