Helen Zille is volgens die politieke ontleder, professor Piet Croucamp, die beste politikus wat Suid-Afrika die afgelope 25 jaar opgelwer het. Sy is dikwels in die nuus weens ongewilde, selfs omstrede uitsprake. Sy het land en sand met Pieter Steyn in die DA-hoofkantoor, in die Kaapse middestad, gesels oor haar anoreksie destyds, hoe haar professionele politieke loopbaan begin het, en haar grootste politieke fout.