Die Kunstekaap-teaterkompleks is vandag, 55 jaar gelede, as die Nico Malan-teater in Kaapstad amptelik geopen. Dis een van die ikoniese Suid-Afrikaanse teaters met duisende produksies wat die afgelope 55 jaar op die teater se verhoë te sien was. Ons praat met die uitvoerende hoof van Kunstekaap, Marlene le Roux.