Die wêreld van werk en opleiding verander vinniger as ooit met die groei van kunsmatige intelligensie. Skole en universiteite word uitgedaag om leerders voor te berei vir ‘n toekoms waar KI al hoe meer deel word van die alledaagse lewe. By die STEAM-konferensie wat in die Kaap gehou word, word daar spesifiek gekyk na hoe sagteware-beroepe nuwe vaardighede en aanpassing vereis. Ons praat hieroor met prof. Jean Greyling, hoof van die department rekenaarwetenskappe by die Nelson Mandela-Universiteit.