'n Debat woed die afgelope week of drie in Rapport oor artikels wat in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Tydskrif vir Geesteswetenskappe verskyn het. Selfs artikels wat jare gelede verskyn het, word opgehaal. In sý reaksie op die debakel, skryf die filosoof, professor Pieter Duvenage, argumente moet weerlê word, eerder as wat artikels onttrek word. Hy is verbonde aan die Instituut vir Filosofie en Sameleweing.



