Is die DA besig om weg te beweeg van die idee van ’n regering van nasionale eenheid? Die party se rol as effektiewe opposisie en sy verhouding met die ANC kom in die aanloop tot die munisipale verkiesings opnuut onder die vergrootglas. Daar woed ’n kwaai interne debat oor die DA se identiteit en strategiese koers. Hoe dit die party se rol in Suid-Afrika se politieke toekoms sal bepaal, is ’n kernkwessie vir kiesers en ontleders. Ons praat hieroor met Gert Coetzee, ’n Netwerk24-rubriekskrywer en oudredakteur van Volksblad.