Afrikaanse intelligentsia, met ander woorde, kommentators, die media en akademici is uit voeling met Afrikaanssprekendes op voetsoolvlak, en daar is 'n hovaardigheid wat 'n "boerekloof" veroorsaak. Dis die mening van 'n Johannesburgse prokureur, Frederik van Dyk, in onlangse artikels op Netwerk24. Ons praat hieroor met Frederik, en met professor Theo Venter van die Universiteit van Johannesburg.