Ian von Memerty is net meer as ’n week gelede in die ouderdom van 61 oorlede. Bekend vir sy energie, humor en diep medemenslikheid, het hy in die maande voor sy dood openlik gepraat oor sy strewe na wat hy “selfbevryding” genoem het. Von Memerty was, onder meer bekend vir sy werk in die TV-programme SA’S GOT TALENT en STRICTLY COME DANCING. Kort voor sy dood het hy openhartig met Johan van Lill in Geestesgesondheid gepraat oor die uitdagings van ouderdom, pyn en swaarkry. Ons praat met Charl van Heyningen, ’n jarelange vriend, impresario en aanbieder van DIS OPERA op RSG. Let daarop dat hierdie onderhoud oor die sensitiewe onderwerp van selfood handel. Dit is bedoel vir mense wat gemaklik is met die bespreking van hierdie tema.