Dit gons oor Kurt Darren se nuwe treffer, Hop Hop Spinnekop. Talle mense is mal daaroor, ander maak snaakse videos en memes, en party het bloot niks goed daaroor te sê nie, maar een ding is seker, mense het 'n mening oor die liedjie. Hoe word 'n treffer gebore? Is daar 'n resep of is dit 'n toevalligheid wat net nou en dan sy opwagting maak? Ons praat hieroor met Paulo Azevedo van Coleske Artists. Paulo is verantwoordelik vir die vervaardiging van verskeie treffers, en was self in die boyband, Eden.