Die Appèlhof het ’n baanbrekersuitspraak gemaak, wat banke aanspreeklik hou wanneer hulle ’n motor finansier wat defekte het en nie reg werk nie. Die hof het bepaal dat die bank nou die verbruiker moet terugbetaal, of die voertuig moet vervang. Wat beteken hierdie uitspraak vir gewone mense? Ons praat met Trudie Broekmann, die prokureur wat Alta van Niekerk verteenwoordig het in die saak, wat tot ’n oorwinning teen WesBank gelei het.