As jy dink ruimtevaart gaan net oor vuurpyle, ruimtestasies en mense wat maan toe gaan, is daar ’n groter politieke spel aan die gang. Suid-Afrika het, anders as Botswana, steeds nie die Artemis-verdrag onderteken nie. Dit is ’n NASA-geleide ooreenkoms vir vreedsame ruimteverkenning. Suid-Afrika werk reeds saam met NASA, maar is ook betrokke by maanverkenningsplanne van Rusland en China. Ons praat met dr. Ruhann Steyn, ruimtefisikus vebonde aan die sentrum vir ruimtenavorsing by die Noordwes-Universiteit.