Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het in 2025, saam met die Eeufeesviering van Afrikaans as amptelike taal, 'n reuse navorsingsveldtog begin, wat na allerlei aspekte van Afrikaans en die Afrikaanse taalgemeenskap kyk. Een van die aspekte waaroor navorsing gedoen gaan word, is die digitale lewenskragtigheid van die taal. Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) sal die navorsing doen. Ons praat hieroor met Marlie Coetzee, uitvoerende direkteur van VivA.