Op en Wakker
Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het om die dag op die regte voet te begin.8,149 clip(s)
Loading playlist
Die verkiesing is verby, die stemme word getel en die uitslae word met belangstelling dopgehou. Die DA het in Johannesburg die langste veldtog in die party se bestaan gevoer - meer as 'n jaar lank. Die DA-burgemeesterskandidaat vir Johannesburg is Helen Zille. Sy het Suid-Afrika aan die gons gehad met haar veldtog toe sy in slaggate gesnorkel het, gefoefieslaaid het, en teen 'n hoë spoed in 'n ou 3-reeks BMW gespin het. Helen sluit by ons aan om oor die verkiesing en koalisies te praat.



