Ons skop af met 'n baie interessante en eiesoortige reeks. Ons gaan oor filosofie, die natuur en sisteme gesels. En wie dan nou beter om met ons daaroor te praat as professor Erik Holm, een van die voorste entomoloë, denkers en waarskynlik die enigste wamaker in Suid-Afrika.