Een van Afrikaans se groot romansiers, Eben Venter, se roman, DECIMA, is onlangs aangewys as die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se ontvanger van die gesogte Hertzogprys. DECIMA het in 2023 verskyn, en die hoofkarakter, Decima, is 'n swartrenosterkoei. Professor Thys Human, voorsitter van die Letterkundekommissie van die Akademie, beskou die roman as 'n mooi afkseidsroman "van 'n ma, 'n moedertaal, 'n moederland."