Op en WakkerOp en Wakker

Dwarstrekkers en ander interessante Suid-Afrikaners - Deel 3

View descriptionShare
Die nuwe predikant op Kroonstad vra eendag, daar iewers in die 1950’s, vir ‘n oom in sy gemeente of al die stories oor tant Hannie Wolmarans die waarheid is. Toe antwoord die oom: “Dominee, Hannie Wolmarans het ek self geken en glo vir my, sy het self in haar doodskis geklim!” Die Valsrivier se wêreld is vandag nog bekend met tant Hannie Wolmarans. Ons praat in ons reeks oor dwarstrekkers en ander interessante Suid-Afrikaners uit die verlede oor Tant Hannie Wolmarans. Die man wat al hierdie interessante stories ken en met ons deel, is die skrywer, Daniël Lötter, wat die stories verewig het in sy boeke, DWARS: RARE KARAKTERS ONDER ONS en GEDAANTES EN GEDOENTES – STORIES OOR SPOKE, SIENERS EN LEGENDES.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 6,803 clip(s)