Die Drakensberg Seunskoor se produksie, Music in the City 2026, is nog tot Saterdag by die Joburg-teater op die planke. Min ander kore in Suid-Afrika trek jaar ná jaar só ’n lojale gehoor. Ons gesels met lede van die koor, die koor se uitvoerende hoof, Hendrik Bekker, en Jacques Linde, die koorleier.