Die oud-Springbokstut, Jannie du Plessis, en sy gesin se lewe het in 2021 drasties verander ná hulle tienmaande oue seuntjie, Jan-Nathaniël, in die gesin se swembad verdrink het. Die Du Plessis’s het hulle harte oopgemaak in 'n dokumentêre rolprent, wat aanstaande maand by die Silwerskermfees in Kaapstad debuteer. Die rolprent se naam is TUSSEN HEMEL EN AARDE. Die regisseur van die dokumentêr, Ursula Ludick, sluit by ons aan.